Welkom by die internet kuierplek van die Uysbere staatmakers.
Ons is die staatmakers van die Dirkie Uys Voortrekker Kommando, een van die grootste en oudste in die land.
Moet egter nie dat dit jou intimideer nie, ons groep is ‘n lekker klomp jongmense wat bestaan uit studente van ondermeer die Universiteit van Pretoria en ook werkende jongmense.
Anders as ander staatmakers kom ons nie op weeklikse grondslag bymekaar nie maar eerder soos die geleentheid hom voordoen, al is dit nou om op ‘n vorie kamp te gaan, te gaan kloof in Rustenburg, whitewater rafting naby Parys te doen of om op ‘n Sondag saam kerk toe te gaan.
Ons leef die ABC van die Voortrekkers uit deur te fokus op sosiale, buitelewe, kulturele en Godsdienstige aktiwiteite.
As jy lus is om te kom sien waaroor dit gaan skakel een van die bestuurslede of epos hulle.